JB’s Nissan doen dit weer

JB’s Nissan doen dit weer

JB’s Nissan, die oudste motorhandelaar op Malmesbury, het weer stof in teenstaanders se oë geskop toe hulle aangewys is as Suid-Afrika se Handelaar van die Jaar. Regdeur die bank.
Hulle is ook aangewys as die wenner in die onderdele afdeling vir in klein afdeling.
Hierdie handelaar, onder die bestuur van Daniël Prins (regs onder), het verlede jaar ook met hierdie toekenning gespog, maar is steeds beskeie oor die lof wat hulle besing word.
JB’s Nissan se oorspronklike eienaar, Mnr JB van Zyl, het die besigheid as ‘n Datsun-handelaar begin.
Mnr Giel Mocke het die onderneming in 1970 oorgekoop en dit as Mocke Motors gedoop.
In Oktober 1975 het die Westelike Graanboere Koop, vandag KaapAgri, die handelaar oorgekoop en die naam JB’s Motors teruggebring.
In 1983 het die Datsun-naam na Nissan verander en die onderneming se naam is dan ook so aangepas.
In September 2011 het die Perdeberg Motorgroep die handelaar ooregekoop en in 2017 het John Trollip eienaarskap van die onderneming oorgeneem.
Die handelaar spog ook met ‘n suksesvolle rybaan in die vorm van ‘n Total-vulstasie en ‘n gewilde OK Express-geriefswinkel.
JB’s Nissan is in alle vorme van die woord ‘n “Alles onder een dak-handelaar”.
Hier kan jy vragmotors, passasiersvoertuie, ‘n onderdele-afdeling asook ‘n diensafdeling vind.
Die besigheid word tans bestuur deur Daniel Prins met ondersteuning van 75 personeellede om ‘n volledige diens aan kliënte te gee.
JB’s het ‘n diens kultuur wat deur die eerste diensbestuurder, Mossie Mostert, geskep is en tot vandag nog gehandhaaf word.
Mossie het 40 jaar vir die besigheid gewerk en ook die vragmotor afdeling vanaf 1990 bestuur tot en met aftrede.
“Ons Diens is ons Trots” is die leuse by JB’s ‘n kultuur van Orde, Dissipline en Netheid word deurgaans gehandhaaf.

JB’s Nissan op Malmesbury is aangewys as die algehele handelaar van die jaar van die Nissan en Datsun-groep. Onder is die bestuurspan wat bestaan uit Kosie Smit (partebestuurder), Johan Strauss (werkswinkelbestuurder), Daniël Prins (handelaarshoof), Welmie Oliver (menslike hulpbronne), Sean Kelly (verkoopsbestuurder) en Johan Theron (OK Express en rybaanbestuurder).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*