Jong akteurs speel internskap los

Jong akteurs speel internskap los

Die jeugteatergroep van Riebeek-Wes het verlede week hul buiging gemaak in hul eerste vertoning, Roseline.
Die toneelstuk is geskryf deur Jurgen McEwan, wat ook die regisseur van die produksie was.
Die jongklomp van Wyk 3 van die Swartland Munisipaliteit het die karakters nuwe lewe gegee en die skare van ongeveer 200 het hulle toegejuig.
Abduragman Adams het die jong akteurs leiding gegee en het ook die beoordeling saam met Chantal Booyse, die produksiebestuurder, en Mark Graham Wilson, eienaar van For Life Centre.
Vier studente wat hul rolle die beste vertolk het, het elkeen ‘n drie maande internskap ontvang vanaf For Life Centre.
Organiseerder Chantal Booyse bedank alle indiwidue asook instansies wat bygedra het tot die groep se suksesvolle eerste optrede.
Vir navrae kontak Chantal Booyse by 0611956724, chantal.mdsa@gmail.com of chantalb@apii.org.za.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*