Jou wolmarkverslag

Jou wolmarkverslag

Op 25ste wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het die Cape Wools Merino aanwyser met 2.1% vir nie-RWS en 3.2% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling en teen ‘n skoonprys van R166.14/kg en R193.06/kg, onderskeidelik gesluit.
Die Rand het 1.3% sterker verhandel teen die VSA Doller, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling.
Die grootste verandering die week, was in die 20.0 mikron segment, met ‘n algemene daling van 3.4%. Volhoubaar gesertifiseerde wol het 43% van die Merino wol aanbieding uitgemaak. Daar is in totaal 7 615 bale aangebied, waarvan 94.1% verkoop is.
Op die OVK veiling is 2 314 bale aangebied, waarvan 97.0% verkoop is.
Die hoogste prys op die OVK veiling, van R226.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CMY van 16.5 mikron, uit die skeersel van Bibby Boerdery vanuit die Frankfort distrik. Die koper was Stucken & Co.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*