Joyce’s se bul kraai nasionale koning

Joyce’s se bul kraai nasionale koning

Joyce’s Angus Stud, ‘n bekende stoetery in die Swartland en omgewing, is by die Bloemfonteinskou vereer met die titel as die nasionale Angus Junior en Grand-kampioen bul vir 2022.
Die bul wat hierdie toekenning behaal het, is Joyce’s Sensation 136.
Hy het ook die D-klas gewen.
Hierdie bul is deur RC Malherbe van Roechama Angus-stoet op die kampioenveiling aangekoop.
Hanteerder Basie Erasmus is ook gekroon as die nasionale kampioen hanteerder. Hy het hierdie toekenning in 2017, 2019 en 2022 gewen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*