Kelder klink ‘n glasie

Kelder klink ‘n glasie

Die voorloper van die Riebeek Valley Wine Co, Die Van Riebeek Wynboere Kooperatiewe Maatskappy Ltd, later ook bekend as Riebeek Cellars, het op 12 Augustus hul 80ste bestaan gevier. Die maatskappy is op 12 Augustus 1940 gestig deur nege wynboere van die omgewing, met Jakob Stephanus Naud̩ Bruwer en later met PJ Venter aan die stuur van sake. Die eerste algemene jaarvergadering is op 9 Desember 1942 gehou en gedurende Oktober van 1943 is die stoor vergroot om sowat 1.5 miljoen liter wyn te kan berg. Foto: FB РRiebeek Cellars Collection

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*