Kindersorg:

Elkana Kindersorg het onlangs breed geglimlag toe hulle ‘n skenking van Nedbank Malmesbury ontvang het. Nedbank Malmesbury het kussings, kussingslope en lakens aan ons 24 dogters in Elkana se residensiële-afdeling gegee. Hier is die Nedbank Malmesbury-span, Lee-Ann Davids, Kirstie Arendse, Monique Koelenberg, Bonita Nuweland saam met Elkana Kindersorg se uitvoerende direkteur, Roché Afrikaner.

Open chat