Kyk uit vir Lolla

Kyk uit vir Lolla

Skryf is een van Cenilian Gordon Pidt van Darling se groot liefdes.
Haar roman, ‘My Donkerste Geheim’, was in 2020 gepubliseer en dié wat haar skrywes volg kan uitsien na die tweede uitgawe wat teen Desember op die rakke sal wees.
Dit is egter ‘n ander skryfprojek, wat sy ook in 2020 voltooi het, maar nie laat publiseer het nie wat haar tans groot blydskap verskaf.
Cenilian se kinderboek, ‘Lolla’, laat haar van oor tot oor glimlag. Sy noem dat hierdie boek vir haar baie spesiaal is aangesien sy soveel van haar eie tyd in die beplanning en uitleg daarvan belê het.
Die inspirasie vir ‘Lolla’ was die hunkering van jong kinders na die liefde van albei ouers.
As ‘n jong mamma is sy bewus van hoe belangrik die teenwoordigheid van albei ouers in kinders se lewe is en hoe dit kinders negatief kan affekteer.
Dikwels is dit weens omstandighede, maar kinders verstaan dit nie altyd nie. Sy noem ook dat ouers somtyds dink dat geskenke kan opmaak vir hul afwesigheid, maar dit is selde die geval.
Die lessies wat dus in ‘Lolla’ deurskemer is dat ons as ouers moet probeer om aktief in ons kinders se lewens betrokke te wees en om hulle ook emosioneel voor te berei teen teleurstelling.
Daar is reeds bestellings vir ‘Lolla’ en die boek behoort teen einde Mei beskikbaar te wees teen R60 per kopie.
Ramona Soga, ook van Darling, het die illustrasies gedoen.
Enige navrae of om ‘n bestelling te plaas kan lesers Cenilian kontak by: 076 139 8718.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*