Lollos-liefhebber

Lollos-liefhebber

Nuan van den Berge, oftewel Noenoe soos sy familie hom noem, was nog altyd ‘n groot Lollos-aanhanger. Nou kry hierdie Swartlandse japsnoet die kans om dalk deel van die Lollos-gevolg te wees in ‘n reeks wat eersdaags geskiet word. Nuan, wat saam met ouboet DiandrĂ©, mamma AnĂ©l en pappa Rudi op Malmesbury woon, is uit duisende ander kandidate gekies en nou vra hy Swartlanders se hulp om sy droom te laat bewaarheid. Om Nuan op die kassie te kry, moet hy genoeg stemme verwerf. Al wat jy moet doen om hom te help, is om W319 te SMS na 47620. Elke SMS beloop R3 en veelvuldige stemme is welkom. Die kompetisie sluit op 30 Junie 2021.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*