M2C vir Malmesbury Fietsryklub

M2C vir Malmesbury Fietsryklub

Lede, ondersteuners en vriende van die Malmesbury Fietsryklub het Saterdag die pad tussen Malmesbury en Yzerfontein te fiets aangedurf in die jaarlikse M2C, oftewel Malmesbury tot die see. Die ryers het die nattigheid en modder trotseer en die dag behoorlik geniet. Die groep het by die skougronde weggetrek en op Yzerfontein by die karavaanpark geƫindig. Die Malmesbury Fietsryklub bedank alle borge en ondersteuners van hierdie gewilde rit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*