Maak aanlyn seker van jou stemstatus

Maak aanlyn seker van jou stemstatus

Suid-Afrikaners wat aan die vereistes voldoen om in die opkomende nasionale verkiesing te stem, kan nou aanlyn registreer of hul inligting nagaan.
Jy kan nou by www.registertovote.elections.org.za jou registrasie van die veiligheid van jou huis doen.
Jy moet ‘n Suid-Afrikaner van ten minste 16 jaar en ouer wees om te registreer, maar jy moet 18-jaar oud wees om te kan stem.
As jy die webtuiste besoek, moet jy op die ‘Register to vote’-skakel klik.
Vul jou persoonlike inligting in.
Verskaf die pin-kode wat na jou selfoon gestuur is.
Vul jou adres in.
Neem ‘n foto van jou ID-dokument, of ‘n geskandeerde kopie daarvan en laai dit op.
Hierna sal jy binne 24 uur ‘n SMS ontvang wat jou registrasie bevestig.
Jy kan ook by www.elections.org.za seker maak waar jy jou kruisie moet trek en ook jou registrasiestatus nagaan.
Registrasienaweek sou op 31 Julie en 1 Augustus gehou word, maar is intussen uitgestel tot ‘n verdere datum.
Die voorlopige verkiesingsdatum is 27 Oktober.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*