Malmesbury Liefde

Malmesbury Liefde

Onder die nuutgestigte vaandel van Malmesbury Liefde, onder leiding van Hetta Saunderson van Huiswinkels op die dorp, het sy, tesame met Swartland Toerisme, Swartland Wyn- en Olyfroete en Swartland Joernaal ‘n projek van stapel gestuur om ‘n blykie van waardering teenoor die plaaslike gesondheidswerkers te betoon.

Omgee-pakkies is aan 300 plaaslike gesondheidswerkers oorhandig by verskillende instansies wat deur pandemie bankvas agter hul pasiĆ«nte gestaan het. ‘n Spesiale woord van dank aan Spar DC wat binne minute na haar pleidooi 300 pakkies koekies geskenk het om die pakkies mee te vul.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*