Malmesbury Lions se Houer van Hoop wil ‘n verskil maak

Malmesbury Lions se Houer van Hoop wil ‘n verskil maak

Die inperkingsmaatreëls van die Covid-19-pandemie, het nie net ondernemings en indiwidue swaar getref nie, maar ook liefdadigheidsorganisasies en diensorganisasies wat ‘n verskil wil maak in diegene wat dit juis weens hierdie maatreëls die nodigste het.
Die plaaslike Malmesbury Lions-klub is een van hierdie organisasies wat deur die aanvanklike strenger inperkingsmaatreëls nie daarin kon slaag om hul beplande projekte en fondsinsamelings suksesvol uit te voer nie.
Die Malmesbury Lions-klub het onlangs hul nuwe president, José Braga Borges, ingewy, saam met die nuwe kabinet wat vir die verskillende portefeuljes verantwoordelikheid sal neem.
Die klub het nou ‘n “Houer van Hoop”-projek geloods, waar al die benodigdhede vir ‘n vullende pot groentesop in ‘n glashouer geplaas word en aan behoeftiges gegee word.
Hier het hulle die gemeenskap se hulp nodig met die bestanddele. (Sien onder)
Alle donasies kan by Lize Signs ingehandig word.
Met hierdie projek poog hulle om steeds ‘n verskil in iemand se lewe te kan maak, deur ‘n maaltyd aan ‘n gesin te kan voorsien, met die in ag neming van die Covid-protokol.
Vir meer inligting, stuur ‘n epos aan malmesburylions@gmail.com en vind uit hoe jy betrokke kan raak.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*