Malmesbury Netbal kraai koning

Malmesbury Netbal kraai koning

WESKUS TWIZZA KOMPETISIE!
Inge Theron, wedstrydsekretaresse van Weskus Netbal Federasie, het weereens ‘n suksesvolle Twizza-kompetisie vir die Federasie gereel, wat weens die weeromstandighede en beurtkrag telkens uitgestel moes word.
Die wedstryde kon uiteindelik op Maandagaand 18 Julie hervat met die semifinale en Dinsdagaand 19 Julie die finale op Moorreesburg.
Die vier Weskusspanne, Malmesbury, Langebaan, Moorreesburg en Citrusdal het dit geniet om weer terug te wees op die baan en het met uitstekende netbal vorendag gekom.
Sydney Crow van Moorreesburg Tiere Netbal Klub is as aangewys as die Speler van die Toernooi en Beulen Lazerus van Langebaan is aangewys as die beste binnebaan speler.
Die uitslae is as volg:
1st plek: Malmesbury Netbalklub
2de plek: Langebaan Netbalklub
3de plek: Moorreesburg Tiere Netbalklub
4de plek: Citrusdal Netbalklub
Malmesbury en Langebaan het die pas afgelope Saterdag aan die Wes-Kaap Twizza-kompetisie deelgeneem in die Paarl.
Weskus Federasie se spanne het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en gewys dat die klubs in die Weskus Federasie vir geen span in die Wes Kaap hoef terug te staan nie.
Die span van Marchelle Maroun (Langebaan Netbalklub) het 2de geëindig en die span van Nadene Scherman (Malmesbury Netbal Klub) het 4de geëindig.
Beulen Lazarus is aangewys as die beste opkomende senterbaan speler en Ansuné Smit as die beste opkomende verdediger.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*