Malmesbury Superspar doen dit weer!

Malmesbury Superspar doen dit weer!

Die slaghuis-afdeling van die Superspar Malmesbury het dit weer gedoen. Hulle het nog ‘n Clever-toekenning ingepalm.
Hierdie winkel het reeds twee keer op nasionale vlak as die beste slaghuis-afdeling van ‘n supermark gewen en ses keer beloon met die provinsiale platinum-toekenning. In 2010 het hulle ‘n goue provinsiale toekenning ontvang.
Eienaar Des Moller, is dit eens dat dit ‘n trotse oomblik vir Superspar Malmesbury en hul slaghuis is.
“Die toekenning gee erkenning aan die konstantheid van diens, gehalte en die wye reeks produkte wat ons bied. Dit is te danke aan ons kliënte en ons slaghuispersoneel dat ons hierdie toekenning weer kon ontvang.”
Die Clever-toekennings word gebasseer op nominasies vanaf die kliënte, voor ‘n paneel na die slaghuis gestuur word om dit te evalueer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*