Malmesbury Veiligheid

Malmesbury Veiligheid

Malmesbury Veiligheid is ‘n inisiatief op hierdie Swartlandse dorp wat omsien na die dorp, sy inwoners en sy landbouers se veiligheid. Dit het in 2019 begin toe ‘n paar boere saamgespan het om veediewe vas te trek. Die gemeenskap het vinnig betrokke geraak en so het die organisasie begin saamspan teen misdaad op die dorp. Gedurende die aanvanklike grendeltydperk is tot 20 patrollies per maand deur die vrywilligers behartig. Malmesbury Veiligheid werk nou saam met die verskeie sekuriteitsmaatskappy asook wetstoepassers van die Swartland om die veiligheid van die inwoners, besighede en landbouers te verseker. Indien jy hier betrokke wil raak, of as lid wil aansluit, registreer aanlyn by www.malmesburyveiligheid.org of stuur ‘n epos aan info@malmesburyveiligheid.org of admin@malmesburyveiligheid.org.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*