Meld vandalisme aan

Meld vandalisme aan

Vandalisme van raadseiendom is aan die toeneem en volgens die munisipaliteit het dit ‘n direkte impak op dienslewering, omdat dit dienste ontwrig en selfs tot stilstand kan dwing. Die finansiële en ekonomiese impak is ook verrykend, omdat daar eenvoudig nie genoeg fondse beskikbaar is om die skade heeltyd te herstel nie. Die langtermyn gevolge gaan wees dat inwoners in die toekoms moontlik sonder sekere dienste sal moet klaar kom.
Swartland Munisipaliteit doen ‘n ernstige beroep op alle inwoners om vandalisme aan te meld. MOENIE STIL BLY EN HIERDIE KRIMINELE BESKERM NIE. Inligting wat aangemeld word sal STRENG VERTROULIK hanteer word. Inligting wat tot die opsporing en suksesvolle vervolging van hierdie kriminele lei, kan moontlik beloon word. ‘n Moontlike beloning van tot R5000 kan toegeken word afhangende van die tipe skade wat aangerig is en die suksesvolle vervolging (*Belonings word gehandhaaf in lyn met ons Beloningsbeleid).
Wenke vir die aanmeld van vandalisme:
• Wanneer u kriminele of onwettige aktiwiteit aanmeld, probeer soveel as moontlik inligting aan ons deurgee.
• Besonderhede wat sal help is die fisiese adres waar die vandalisme gebeur/ gebeur het, wat beskadig of gesteel is, datum en tyd van gebeure, hoe en wat is gebruik, fotografiese bewyse indien moontlik, registrasienommers van motors, ‘n beskrywing van die verdagte/s en/ of name asook hul adresse indien moontlik.
Wenke kan ook anoniem deur gegee word, maar ‘n kontaknommer sal help indien verdere inligting opgevolg moet word.
Dit is in belang van elke inwoner van die Swartland om hierdie euwel uit te roei en te rapporteer. Vandalisme kan aangemeld word by die Interne Oudit afdeling by (022) 487-9400.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*