Microneedling onder die vergrootglas

Microneedling onder die vergrootglas

Botox, naalde, spuitstof, plooie, merke, ouderdom…
Dit alles is waarmee ‘n mens te doene kry soos jy ouer word.
Jy sit en worstel met talle opsies, maar uit onkunde maak ‘n mens soms die verkeerde besluit, of jy maak glad nie een nie.
Sowat drie maande gelede het gordelroos my getref. In die gesig. Tussen die oë – letterlik.
Dit het op my voorkop te voorskyn gekom en tussen my oë geland. Natuurlik ‘n lelike merk gelos. Een wat agemaak het dat ek verlang na die enkele diep plooi wat ek wel gehad het.
My pad het gekruis met Simply Bee op Hopefield se salon.
‘n Nuwe toevoeging tot hulle dienste is microneedling.
Dit klink skrikwekkend, maar as die verdowingsroom inskop, is dit net die plooie en merwe wat moet bang wees!
Microneedling is ‘n relatiewe nuwe konsep in salonne.
Met microneedling word jou vel deeglik skoongemaak en ‘n verdowingsroom aangewend. Die room neem sowat 30 minute om jou vel te verdoof.
Daarna word ‘n derma-pen, met 12 naalde in, op jou vel geplaas. Die naalde penetreer die vel en veroorsaak mikro-littekens onder die oppervlak van die vel.
Dit veroorsaak weer dat die vel homself van binne begin herstel en selvernuwing vind plaas.
Kollageen word weer geproduseer en laat jou vel jonk en soepel voorkom.
Een van die grootste bekommernisse met die gebruik van microneedling is die pyn.
Is dit seer? Gevoelig?
Dit is gevoelig ja. Meer irriterend en jeukerig as seer. Jou vel kry onmiddellik ‘n warm gloed en ek het redelik rof gelyk na afloop van die sessie, maar dit het wonderbaarlik vinnig herstel.
Soveel so dat ek binne 24 uur geen sensitiwiteit of rooiheid meer gehad het nie.
Wat ek wel ervaar het, was ‘n bietjie styfheid in my vel, asof jy deur die son geklits is.
Ek het egter vanaf die eerste paar uur na die sessie ‘n verskil in my vel opgelet.
Dit is baie meer soepel, sag, glad en gloei met ‘n gesonde gloed.
Alle produkte wat in die sessie gebruik is, word ook deur Simply Bee self vervaardig en is by die salon te koop.
So, ek het nog vier sessies om te gaan en daar is reeds ‘n 100% verbetering in my vel, so ook die lagplooitjies, litteken tussen my oë, sowel as pigmentasievlekke.
As jy hiermee sukkel en skrikkerig is vir iets soos botox, is microneedling beslis die roete om te gaan.
Kontak Simply Bee se skoonheidsalon vandag nog by 066 435 6172.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*