My tuin in November…

My tuin in November…

November-maand kan soms ‘n antiklimaks wees teenoor die lentebetowering van die mooi lentemaand Oktober.
Indien jy as tuinier mooi vooruit beplan het en bááie somerblommende eenjariges aangeplant het, kan jou tuin regdeur November en Desembder steeds baie kleurvol wees.
Grasperke moet veral noudat dit warmer word, baie gereelde aandag kry. Dit sluit in: 1. Besproeiing, 2 Bemesting; 3 Onkruidbeheer; 4 Baie gereelde sny en 5. Siektebeheer.

  1. Moenie jou grasperk “lui” maak deur dit te veel water onnodig te gee nie! Volgens jou tuingrond se tipe, moet dit nét genoeg water kry om dit mooi groen te hou.
  2. Die korrekte bemesting elke vier tot ses weke kan dit in topkondisie hou : Vir die warmer maande bevel ons aan ‘n 4.1.1 of 7.1.3 kunsmis of ook “Bio Ganc for Lawns” vir Atlantic Fertilisers wat ‘n organiese bemesting is.
  3. Onkruide moet betyds en gereeld onder beheer gehou word deur dit uit te trek of met selektiewe onkruiddoders te bespuit – maar ASB kry hier tog die korrekte produk en advies!
  4. ‘n Grasperk wat gereeld gesny word: Een keer per week. Moenie jou grasperk in die warm somermaande te kort sny nie, want dit gaan sonbrand opdoen. Onder die skadubome waar die grasperk soms sukkel om te floreer, moet jy ook nie jou gras so kort sny soos in die volson nie.
  5. Swamsiektes op grasperke kan ook nou, met die warmer weer, begin kop uitsteek. Daalderkol is groot sirkelvormige swambesmettings wat vining bespuit moet word met Odeon.
    Bruinroes op die blaar is sulke swart poeieragtige kolle op die blaar wat aan jou vingers sal afgee wanneer jy daaraan vat. Bespuit dit met “virikop (koperoksied-chloried) of Odeon.
    Ander peste is grasperk-ruspes wat met Karbaspray beheer kan word, of die 4.1.1 + Insecticide.
    Waterkrieke is nog ‘n pes, wat beheer kan word met Koinor of Meridian cricket.
    Miere en ter termiete kan gespuit word met Knox Ant en dan die Kombat Ants en dan die of sprinkle “Skatterkill for Insects asook “Ant Vanish”
    Begin sommer nou al die res van jou tuin voorberei vir die somer deur die beddings ‘n lekker dik deklaag met kompos en/of boombas te sprinkel. Dit bewaar die vog en voed die plante. Dit help ook keer dat daar nie so baie onkruide in jou beddings opkom nie!
    Hou die plante fyn dop vir alle soorte plantluise en ander insekplae soos witvlieg, rooi spinnekop, dopluise en meer.
    Kom kry die regte raad en die regte produk, want anders kan jy dalk net jou geld mors en niks bereik nie!
    Volgende keer, 24 November gee ons raad vir die somertuin in Desember-maand.

Tuingroete
George Retief

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*