‘n Emosionele oomblik vir 19 jarige kunstenaar

‘n Emosionele oomblik vir 19 jarige kunstenaar

Cohnwille Swarts, van Abbotsdale, na die aankoop van een van sy skilderye deur die ikoniese besigheidsvrou, filantroop, asook Mej. SA 1994-titelhouer, Basetsana Kumalo. Die toneel het hom afgespeel by die woning van Charlton en Celeste Arendse, op Sondag, 16 Mei 2021. Celeste was Cohnwille se kunsonderwyseres en mentor by Schoonspruit Sekondêr, waar hy verlede jaar sy skoolloopbaan voltooi het. Dit is inderdaad ‘n geskiedkundige gebeurtenis vir hierdie jong man, aangesien dit sy eerste kunswerk is wat hy amptelik verkoop het. Die ontmoeting is gereël deur die bekende TV-aanbieder en media-persoonlikheid, Doreen Morris. Albei vroue ondersteun die bemagtiging van die jeug en is groot kunsliefhebbers. Kumalo het ook genoem dat sy hierdie kunswerk koop ter nagedagtenis van haar oorlede ma, wat Sondag sou verjaar het. Swarts studeer tans kuns aan die Universiteit van Stellenbosch. Foto’s: David Howburgh

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*