Nog ‘n skoon oudit vir SM

Nog ‘n skoon oudit vir SM

Die Swartland Munisipaliteit het verlede week die nuus ontvang dat hulle ‘n negende skoon oudit deur die ouditeur-generaal toegeken is.
Hierdie is vir die 2020/2021 finansiƫle jaar.
Dit het gevolg na die maandelange oudit-proses wat deur die ouditeur-generaal se kantoor uitgevoer is en waaraan alle munisipaliteite moet voldoen en onderhewig is aan.
Volgens die munisipaliteit is hulle volgehoue prestasie in hierdie verband, bewys van hul toegewydheid aan ‘n skoon, verantwoordelike en deursigtige regering.
“Dit dien verder as bewys dat Swartland een van die bes-bestuurde munisipaliteite in Suid-Afrika is, met ‘n voortgesette toewyding aan uitnemendheid en dienslewering aan al die inwoners van die Swartland.
‘n Skoon oudit beteken nie dat ons perfek is nie. Dit is wel ‘n duidelike aanduiding dat ons begroting bestee word in die belange van die gemeenskap en dat die nie vermors word op onrealistiese planne en projekte nie. Ons streef daarna om ons diens te te verbeter en om beter te doen vir ons inwoners.”
Uitvoerende burgemeester, raadsheer Harold Cleophas, het munisipale bestuurder Joggie Scholtz, asook Mark Bolton en al die personeel van die munisipaliteit bedank vir hulle volgehoue harde werk en toewyding.
Volgens Cleophas het elke persoon in die diens van die munisipaliteit bygedra tot hierdie skoon oudit en kan hulle trots wees op hulle harde werk en bydrae tot die gemeenskap van die Swartland.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*