Nuwe behuising wag op Malmesbury

Nuwe behuising wag op Malmesbury

‘n Splinternuwe woonstelblok-ontwikkeling behoort eersdaags grond te breek op Malmesbury.
Hierdie ontwikkeling, op die hoeke van Victoria- en Prospectstraat op Malmesbury, sal verskeie woonstelle bevat wat vanaf R719 000 verkoop sal word.
Die ontwikkeling, wat behartig word deur Opportunity Development in Durbanville, is ideaal vir verhuringsinkomstes.
Die woonstelle sal almal oor twee slaapkamers beskik asook een badkamer.
Een van die redes vir hierdie ontwikkeling, is die voltooiing van die N7, wat die eiendomsmark in die omgewing gunstig beïnvloed het oor die afgelope paar jaar.
“Om te pendel vanaf Malmesbury na Kaapstad, neem nou ‘n fraksie van die tyd. Kopers en huurders wyk uit na die platteland, aangesien baie maatskappye weens Covid19 die geleentheid aan werknemers bied om vanaf hul huis te werk.
Eerste kopers en beleggers kan nou ook ‘n voet in die eiendomsmark kry met die groeiende en gesogte ligging van Malmesbury.
Die woonstelle wissel in groottes van 60 tot 62 vierkante meter.
Vir meer inligting, kontak Donovan du Toit by 063 932 5006 of stuur ‘n epos na donovan@opprealty.co.za.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*