Nuwe Die Kuierhijs open binnekort

Nuwe Die Kuierhijs open binnekort

‘n Splinternuwe moet-besoek-bestemming maak Maandag sy deure op Malmesbury oop in Piet Retiefstraat 26.
Die Kuierhijs is ‘n vars en nuwe toevoeging tot die Swartland se kulinêre-roete.
Toe Benita en Tonia hul sakevernuf saamgespan het, het die vonke van kreatiwiteit en passie behoorlik gespat.
Hierdie twee streef daarna om iets uniek na die gemeenskap te bring – iets vir Malmesbury, vanuit Malmesbury. Die duo streef daarna om die plaaslike talent te ondersteun en ten toon te stel. Geniet plattelandse gasvryheid, geurige koffie, heerlike disse, terwyl jy jouself bevind in ‘n prentjiemooi-vertrek, in ‘n huis met historiese klipmure.
Vir meer nostalgie kon jy nie vra nie.
Hier kan jy allerhande lekkertes kry in die moderne plaashuis-styl perseel waar konferensies, werkwinkels, kinderpartytjies, ooievaarstees, kombuistees en verjaarsdagpartytjies aangebied word. Die Kuierhijs is van Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 17:00 oop en Saterdae vanaf 07:00 tot 14:00.
Volg hulle gerus op Instagram en Facebook of stuur ‘n epos na info.diekuierhijs@gmail.com.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*