Nuwe gesig vir Superspar Malmesbury

Nuwe gesig vir Superspar Malmesbury

Inkopie ervaring uit die boonste rakke

Superspar Malmesbury is nie ‘n winkel wat jy sommer in elke tweede dorp in die land aantref nie.
Hierdie juweel in die hartjie van die Swartland skitter blink en helder en skop stof in teenstaanders se oë as hulle aan kompetisies deelneem.
Soveel so, dat die winkel al aangewys is as die Superspar van die Jaar in Suid-Afrika.
Dit wil gedoen wees.
Om dit reg te kry, moet die winkel altyd aan die voorpunt van ontwikkeling en vernuwing bly.
Dit is juis hoekom die winkel nou spog met ‘n splinternuwe voorkoms.
Nie net is die voorkoms verander nie, maar daar is ook talle nuwe toevoegings, wat jou inkopie-ervaring by hierdie winkel net nog soveel sal verbeter.
Hierdie is nie net ‘n winkel waar jy inkopies doen nie.
Dit is een waar vriende mekaar raakloop tussen die rakke en aan die gesels raak.
Dit is die winkel waar vreemdelinge ontmoet, waar mense mekaar met ‘n kopknik en ‘n glimlag groet.
Hoekom? Want dis lekker om hier jou inkopies te doen.
Alles is logies georden. Hier vind jy alles onder een dak.
Van sponse om jou voertuig mee te was, tot skryfbehoeftes, sushi, heerlike gaar-disse, koeke, terte, snuisterye, tydskrifte, wol en vele meer.
Hoekom dan verder soek as jy alles onder een dak kan vind by Superspar Malmesbury.
Hierdie winkel op die hoek, soos daar baie keer na hom verwys word, is ‘n baken op Malmesbury.
Dit dateer uit die 80’s en is so plaaslik soos gesnyde brood. Hier het talle inwoners as kinders rondgehardloop tussen die rakke, grootgeword in die stootwaentjie as ma gaan inkopies doen het en hulle besoek vandag steeds die winkel.

Hoekom?
Eenvoudig – dis lekker en gerieflik en bekend.
Deur die jare het Superspar Malmesbury gedaanteverwisselinge ondergaan om by te bly by die tyd.
Nou is daar nuwe rakke, nuwe yskaste, nuwe naamborde en nuwe toevoegings.
Al stap jy deur die volgepakte rakke wat nou ‘n bietjie anders lyk, ervaar jy steeds die huislike en gemaklike atmosfeer van dit wat Superspar Malmesbury jou kan bied.
Dit is vriendelikheid, diens met ‘n glimlag, gehalte produkte teen bekostigbare pryse, ‘n wye produktereeks en soveel meer.
Hul slaghuis sal die mond laat water met hul vleissnitte en hulle is glad nie bang om nuwe produkte uit te toets en aan kliënte te bied nie.
Die varsgebak se reuk verwelkom jou as jy by die agterdeur instap.
Die winkel verwelkom jou by die voordeur en groet jou met ‘n wuif as jy uitstap.
Eienaar Des Moller en sy wen-span van Superspar Malmesbury staan reg om die gemeenskap te dien en om kliënte te ontvang, sodat hulle ‘n inkopie-ervaring uit die boonste rakke kan geniet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*