Nuwe, groter kantore vir RSA Makelaars

Nuwe, groter kantore vir RSA Makelaars

Die span van RSAM op Malmesbury, spog nou met groter kantore, met almal onder een dak, in Voortrekkerweg op dié dorp.
RSAM se personeel het teen die einde van April ingetrek in hul nuwe kantore.
Die spasie is geleë tussen Geard Apteek en die nuwe Nedbank-perseel.
Volgens RSAM se Besturende Direkteur, Philip Faure, het die vloerspasie by RSAM se kantoor in Vredestraat, ook op Malmesbury, te klein geword en moes daar gekyk word na alternatiewe opsies.
Dit is juis in hierdie tyd dat ‘n ontwikkelaar toevallig die gebou langs Geard Apteek by Kaap Agri gekoop het en kon RSAM dus alternatiewe kantoorspasie daarin beding.
Die gevolg is ‘n perseel waar RSAM se hoofkantoor én sy Malmesbury-tak se personeel gehuisves kan word. Die veranderinge aan die kantore het van Januarie tot einde April 2021 geduur.
Gedurende hierdie periode moes RSAM se hoofkantoor-personeel noodgedwonge van die huis af werk. Die een voordeel van “Covid”, is dat dit besighede geleer het om nie kantoor-gebonde te wees nie.
Die gevolg was dat die personeel steeds ten volle operasioneel kon wees, al was hulle nie op kantoor nie.
Al die personeel is egter baie bly om terug op kantoor te wees en baie opgewonde oor die “nuwe” werksomgewing. RSAM sien uit daarna om hul kliënte in die “nuwe omgewing” van diens te wees.
Kontak hulle gerus by 022 487 9630 met navrae.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*