Nuwe kunsroete vir Weskus ondersoek

Nuwe kunsroete vir Weskus ondersoek

Weskus Toerisme, onder die jurisdiksie van Weskus Distriksmunisipaliteit, het hul jaarlikse Verantwoordelike Toerisme-konferensie op Saldanha gehou.
Hierdie jaar het die konferensie op kuns en kultuur gefokus met die doel om in die toekoms oor ‘n erkende Weskus-kunsroete te beskik.
Volgens die munisipaliteit het toerisme ‘n baie belangrike rol om te speel om die plaaslike ekonomie te laat groei en daarom prioritiseer die distriksmunisipaliteit verskeie toerisme-projekte regoor die Weskus.
Die Uitvoerende Burgemeester van Weskus Distriksmunisipaliteit, Raadsheer Boffie Strydom, het die rol van kunstenaars in die toerismebedryf beklemtoon.
“Die Weskus is ‘n baie unieke streek. Behalwe die mooi dinge om te sien, die lekker kosse om te eet en die vriendelike mense het ons ook briljante kunstenaars en entrepreneurs en dit is waarom ons vandag hier is. Om die werke van ons kustenaars en besigheidseienaars in die toerisme industrie te erken en om gedagtes uit te ruil oor hoe ons hierdie deel van toerisme kan groei” het die Burgemeester gesê.
Gert Bezuidenhout van die plaas Uitsig, buite Citrusdal, bou speelgoed van herwinbare produkte en van sy speelgoed was by die konferensie uitgestal.
“Ek wil Weskus Toerisme bedank vir hul ondersteuning en vir die platform wat geskep is vir ons. Dit gee my nuwe energie om my besigheid te groei,” het Bezuidenhout gesê.
Weskus Toerisme sal gedurende die volgende paar maande met verskeie ander rolspelers vergader om die Weskus kunsroete te laat realiseer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*