Nuwe toevoeging tot Rose Eiendomme

Nuwe toevoeging tot Rose Eiendomme

Sedert 2004 was Luzanne Rose as prinsipaal agent deur baie genade in staat om Rose Eiendomme as haar totale besigheid as ‘n alleenmansaak te bedryf met baie suksesverhale oor die afgelope 17 jaar.

Luzanne se antwoord op ons vraag: Waarom nou… het sy dadelik geantwoord dat dit nie deel van haar beplanning en denke was nie, maar sy het geloof in as die regte dinge op die regte tyd met mens gebeur, skop die nodige “gut feel” in en ontvang mens die nodige Jesus-wysheid en leiding wat nodig is om sulke groot en belangrike besluite te neem.
Met baie vrede en gemoedsrus na die geleentheid haar pad gekruis het, het Luzanne besluit om vir Nandi deel van Rose Eiendomme te maak. Volgens Luzanne is sy baie opgewonde oor Nandi en dit voel beslis soos ‘n energie-inspuiting in haar binneste.

Nandi se professionaliteit, entoesiasme en passie vir haar werk en haar omgee vir mense, asook haar opregtheid, was baie gou sigbaar.

Daar is beslis ‘n wedersydse respek en vrymoedigheid tussen die twee Rosies merkbaar.

Meer oor Nandi…
Nandi het grootgeword op Malmesbury. Ná sy aan die Hoërskool Swartland gematrikuleer het, het sy op Stellenbosch Universiteit gaan studeer waar sy ‘n baccalaureus graad in Ontwikkeling en Omgewingsbestuur verwerf het. Ná haar studies het sy in ingenieurswese gewerk en gespesialiseer in ontwikkelingsbestuur en omgewingsimpakstudies.
Nandi het in 2020 teruggekeer na haar tuisdorp en ‘n loopbaanverandering gemaak en so die eiendomsmark betree. Haar loopbaan is haar passie en sy geniet dit om met mense te werk en ag dit baie bevredigend om kliënte bystand te verleen in hulle soeke na die perfekte woning.

“Daar is vir my geen twyfel dat my keuse om aan te sluit by Rose Eiendomme ‘n goeie besluit was nie. Ek het ongelooflike bewondering vir Luzanne. Sy is ‘n merkwaardige eiendomsagent, mentor en persoon. Wat my spesifiek aangetrek het na Rose Eiendomme is die wyse waarop Luzanne werk, die opregte omgee oor haar kliënte se belange en die moeite wat sy doen vir elke verkoop en verhuring. Dit is vir my belangrik in ons lyn van werk, om ware empatie en entoesiasme te hê en daar stem my en Luzanne se waardes ooreen,” vertel Nandi.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*