Nuwe winkel vir ACVV

Nuwe winkel vir ACVV

ACVV MOORREESBURG maak binnekort hul tweedehandse winkel oop op Moorreesburg te Kerkstraat 18 – agter Shoprite.
Die winkel sal Dinsdae tot Vrydae van 09:00 soggens tot 13:00 middae oop wees vir besigheid.
Die winkel se hoofdoel is om fondse in te samel vir die ACVV Maatskaplike Kantoor Moorreesburg om al hul finansiële verpligtinge bietjie ligter te maak. Hulle doen ‘n beroep op ondersteuners om enige bruikbare items wat in hul huis is en in die pad staan soos meubels, boeke, breekware, linne, te skenk sodat hulle dit in die winkel kan verkoop. Met hierdie fondse wil hulle soveel moontlik mense in die dorp help met kos, doeke, hofsake en soveel meer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*