Ontdek Springbok Lodge se skatte

Ontdek Springbok Lodge se skatte

Springbok Lodge & Restaurant is ‘n familie besigheid wat reeds sedert 1947 deur die Kotzé-familie bestuur word. Die hoofgebou van die lodge in Voortrekkerstraat huisves die ontvangs, kafee, restaurant, boek- en curiowinkel en foto’s oor die geskiedenis van Namakwaland.
Jopie se bekende klipversameling is reeds ouer as 50 jaar en word ook in die hoofgebou ten toongestel.
Akkommodasie is beskikbaar in die bekende geel en wit huisies binne loopafstand van die hoofgebou. Die interessante name van die huise reflekteer die geskiedenis van die geboue. Huise soos Die Ankerhuis en Huis Kallie Fischer is ingerig as en suite dubbelkamers. Die Stoor en Ou Sendingpastorie kan groot groepe akkommodeer. Selfsorg eenhede soos Bergmanns Hof en Ou Dokters is gewilde keuses vir dié gaste wat graag vir hulself wil sorg tydens hul kuier.
Die restaurant voorsien lekker etes soos ons gewilde melkskommels, heerlike omelette en immergewilde ete van die dag. Hier kry jy nog régte boerekos soos tamatiebredie en kerrie-afval. Die restaurant is gelisensieerd en ons spyskaart spog met gewilde streekswyne.
Die boekwinkel beskik oor ‘n wonderlike versameling boeke oor ‘n wye reeks onderwerpe.
Ons doen moeite om die beste boeke oor blomme, plante, geskiedenis en plaaslike stories in voorraad te hou. Afrikaanse boeke lê ons na aan die hart en hiervan kry jy genoeg in die boekwinkel vir oud en jonk.
Ons boekwinkel het ook ‘n interessante curio-afdeling met klein geskenkies, aandenkings, handgemaakte items en die beste produkte, van koffie en konfyt tot seep en die bekende vet skapies uit die Karoo.
Die nuutste toevoeging tot die lodge is ‘n kunsgalery op die boonste verdieping met kunswerke deur Namakwalandse kunstenaars. Kom loer gerus in om te kyk hoe talentvol Namakwalanders ook met kwas en verf is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*