Opbouende teepartytjie soos min

Opbouende teepartytjie soos min

Vir Adrian Januarie, of ‘AJ, soos almal hom ken, is geen berg te hoog. Hierdie welbekende geestelike leier en entrepreneur het al baie in sy jong lewe vermag en hou van ‘n uitdaging.
Dit is hoe die idee van sy geliefde ‘High Tea’, oorspronklik, ontstaan het.
‘n Fondsinsamelingsprojek, in die vorm van ‘n teepartytjie, het aan die einde van die dag ‘n lewe van sy eie aangeneem.
Hierdie geleentheid was so inspirerend en opbouend, dat die dames teenwoordig, aangedring het dat hy dit weer moet aanbied.
Dit sal dus op Sondag, 6 Junie 2021,die 6de agtereenvolgende jaar wees dat AJ as gasheer sal optree.
Die ander opwindende nuus is dat dit hierdie jaar by sy eie restaurant, ‘Le Petit Palais’, gehou sal word. ‘Die Klein Paleis’, wanneer mens dit vertaal, het vroeër die jaar sy deure oopgemaak en is reeds ‘n gewilde kuierplek.
Elke jaar nooi AJ sprekers wat ander kan inspireer en motiveer, en hierdie jaar is geen uitsondering. Dit is vir hom belangrik dat die vroue in sy gemeenskap bemoedig word en bewus gemaak word van ‘n groter wêreld daarbuite.
Twee prokureurs, jarelange vriende van die gasheer, sal hierdie jaar hul getuienisse met die kuier gaste deel.
‘n Ekstra byvoeging tot die geleentheid is plaaslike digter, Leonita Coutts, wat een van haar gedigte sal voorlees. Haar motiverende digbundel sal ook beskikbaar wees teen R80 ‘n kopie.
Om deel te wees van hierdie lekker, opbouende kuier geleentheid op Sondag, 6 Junie 2021 vanaf 12h00, kan u AJ kontak by die volgende nommers: 078 366 0012 of 061 881 5281
Kaartjies beloop R150 per persoon en sluit ‘n drie-gang maaltyd in. Elke gas sal ook ‘n klein geskenkie ontvang.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*