Passie oorskry alle verwagting

Passie oorskry alle verwagting

Meals In A Box… ‘n inisiatief wat vroeg aan die begin van grendeltyd deur ‘n passievolle entrepreneur van stapel gestuur is, is besig om alle verwagtinge te oorskry.
Werkloos en met ‘n huishouding wat 4 kinders insluit was dit nie maklik nie, en was sy verplig om letterlik en figuurlik uit die ‘box’ te dink.
Dit was egter nie ‘n geval van ‘beginners geluk’ nie, maar wel een van ‘aanhouer wen’, want die passie, ondervinding en kennis is daar.
En wanneer kos maak in jou bloed is, is daar geen keer aan die uitleef van jou droom, selfs wannneer jy verskeie uitdagings moes trotseer.
Die ‘Meals In A Box’ konsep behels die voorbereiding van organiese en gesonde maaltye waarna dit verpak en gevries word voor aflewering. Bestellings kan op ‘n weeklikse of maandelikse basis geskied.
Daar is ‘n verskeidenheid van spyskaarte, insluitend vegetariese disse, tot kliënte se beskikking om hul maaltye van te kies.
Daar is ook ‘n eksklusiewe spyskaart net vir kinders en moenie van die heerlike smoothies vergeet wat met vars vrugte voorberei word nie.
Die pizza-deeg word nog met die hand gerol en dit is duidelik dat daar baie tyd en liefde aan die voorbereiding van disse toevertrou word.
Alles word vars gemaak en wanneer jy so groot geword het, is dit hoe jy dit doen want die spreekwoord sê duidelik: ‘don’t fix what isn’t broken’.
‘Meals In A Box’ versend tans landwyd bestellings wat plekke soos Kwazulu-Natal, Gauteng en Pietermaritzburg insluit.
Daar moes behoorlik naslaan werk gedoen word om die regte verpakking asook metodes te gebruik om bestellings so vêr te kan aflewer.
Maar, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg en alles verloop tans seepglad.
Hulle bedank plaaslike koeriermaatskappy, ‘Courier Guy’, vir die uitstekende diens wat hul lewer in die versending van hul produkte.
Die goeie nuus is dat hulle ook vir funksies, soos troues en verjaarsdae, spyseniering doen.
Daar is duidelik nog baie ruimte vir groei, maar fokus op wat huidiglik belangrik is.
Vir enige navrae kan mense hul kontak by mealsinaboxes@gmail.com of 082 089 1089

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*