Pinotage- en biltongfees: ‘n See van pers en wit wat wag

Pinotage- en biltongfees: ‘n See van pers en wit wat wag

Kry jou pers en wit uitrusting bymekaar, kontak jou vriende en skaf die kaartjies aan vir vanjaar se Pinotage en Biltongfees by die Perdeberg Kelder tussen Durbanville en Perdeberg in April.

Datums and Tyd:
Saterdag 23 April en Sondag 24 April vanaf 11:00-16:00.

Agtien wynplase sal nagenoeg dertig verskillende wyne vir proe asook te koop aanbied.
Wyne val in ‘n hele aantal kategorieë, van die tradisionele Rooi Pinotage tot Rosè, Vonkelwyn, Port-styl, Jerepigo tot selfs ‘n Wit Pinotage.
Elke landgoed op die fees sale een wyn beskikbaar hê wat saam met ‘n spesifieke soort Biltong geproe sal word, aangebied deur Namaqualand Biltong.

Feesgangers sal dus die geleentheid hê om Pinotage te proe van Stellenbosch, Swartland, Breedekloof, Paarl, Worcester en Wellington, almal onder een reuse-tent opgeslaan buite in die kelder se parkeringarea!

Die deelnemende kelders tydens die fees is:
Badsberg Wynkelder, Bellevue Wyne, Beyerskloof Wyne, Boland Kelder, Diemersfontein Wyne, Doolhof Wynlandgoed, Doran Wingerde, Du Toitskloof Wyne, Groenland Wyne, Hill & Dale, Kanu Wyne, Koelenhof Wynkelder, Lanzerac Wynlandgoed, Leopard’s Leap Wyne, Mellasat Wingerde, Neethlingshof Landgoed, Overhex Wyne & Perdeberg Kelder.

Kitskos en restaurant-kos sal beskikbaar wees van Eat @ Perdeberg Restaurant wat allerlei lekker versnapperinge.

In Perdeberg se Chenin Blanc-saal (op die eerste vloer) kan besoekers die Oester- en Sushi-kroeg besoek, waar ook Cap Classique en bier te koop aangebied sal word!
Guy Feldman en sy orkes – genaamd Mista Guy and The Biltong Band – maak dit ‘n dag in die wynlande om te onthou.
Trek jou mees helder en vermaaklike pers-en-wit funkyste pers en wit uitrusting aan en staan sommer ‘n kans om ‘n lekker prys te wen as bes-geklede persoon by die fees.

Kaartjies:
Beskikbaar by Quicket https://qkt.io/Z4ThD2 teen R300 per persoon of BBP-kaartjies teen R550 per persoon.
Spesiale kaartjies is ook vir motorbestuurders wat nie alkohol sal nuttig nie, beskikbaar.
Hierdie gaste sal steeds al die verskillende soorte biltong kan geniet op die fees.

Algemene kaartjies sluit ingang na die fees-area in, sitplek, ‘n pragtige Pinotage & Biltong-kristalglas, 18 uitgesoekte Pinotage & Biltong samestellings wat vooraf deur ‘n paneel bepaal is en nog nagenoeg 30 ander wyne wat te proe en te koop sal wees.

Die BBP-kaartjie sluit die bogenoemde in plus privaat-geallokeerde sitplekke in ‘n area wat spesiaal vir dié groep uitgesit word, ‘n verwelkomingsdrankie, ligte kaasbord met aankoms, dienspersoneel, laatmiddag-koffie en ‘n soetigheid om die dag mee af te sluit.

Vir meer inligting, kontak Bjorn van Oort by +27 84 511-1806 gedurende kantoor-ure, of epos bjorn@cvomarketing.co.za, of besoek https://www.facebook.com/PinoBiltongFest.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*