Praat so met Eskom

Praat so met Eskom

Nou kan jy as verbruiker jou opinie oor die dienslewering van Eskom lewer op hulle splinternuwe toepassing.
Eskom het besluit om die digitale era te omarm en so hulle toeganklikheid aan hul kliënte te vermeerder.
Die verbeterde weergawe van MyEskom Customer-toepassing en die bekendstelling van Alfred die klets-rekenaar is die eerstes in ‘n rits nuwe digitale platforms wat bekendgestel word om Eskom se self-help-kanale te verbeter.
Die MyEskom-toep is aangepas om Eskom-kliënte die kans te gee om foute aan te meld, hul balans na te gaan en om hul eie meter-lesers deur te gee.
Eskom moedig kliënte aan om van hierdie kanale gebruik te maak, aangesien dit verbruikersvriendelik en goedkoper is as in die verlede en dat dit ook ‘n verbeterde reaksie-tyd het.
Om die toep af te laai, moet jy een van die volgende doen.

  1. Gaan na https://alfred.eskom.co.za/chatroom/
  2. Laai die toep af vanaf Google Play vir Android en App Store van Apple.
  3. Gaan na https://csonline.eskom.co.za/GTConnect/Login/
    Enige uitdagings rondom die gebruik van hierdie digitale platforms kan gestuur word aan die ondersteuningspan by mobility@eskom.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*