Premier Winde toer te fiets deur Swartland

Premier Winde toer te fiets deur Swartland

Premier Alan Winde het die afgelope week die Weskus per fiets platgereis.
Die doel van sy tog was om fietse te oorhandig aan lede van die plaaslike buurtwagte, sodat hulle hul taak makliker kan verrig. Op Darling is ‘n oomblik van stilte gehou vir die buurtwaglid, Tristan Korah, wat onlangs oorlede is, terwyl hy ‘n vrywilliger was vir die Darling Buurtwag.
Uitvoerende burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, raadsheer Harold Cleophas, het die buurtwag vir hul toegewyde werk bedank en so ook die borge, Team Qhubeka, Pedal Power Association en Bicycling Empowerment Network wat die projek moontlik gemaak het.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*