Privaatspeurder soek hulp met Gloss-ondersoek

Privaatspeurder soek hulp met Gloss-ondersoek

Die ouers van ‘n jong vrou wat noodlottig beseer is in ‘n motorongeluk buite Malmesbury op die aand van 27 Desember om ongeveer 21:15 het ‘n privaat speurmaatskappy aangestel om die Suid-Afrikaanse Polisiediens behulpsaam te wees met die ondersoek na haar dood.
Megan Lee Gloss (29), ‘n oud-leerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, was die aand onderweg na haar ouerhuis op Malmesbury op die R45 pad vanaf die Val De Charon-wynlandgoed buite Wellington, waar sy as hoof-sjef gewerk het.
Na bewering het die 46 jarige bestuurder van ‘n Ford Ranger-bakkie oor die pad geswenk en ‘n kop-teen-kop botsing veroorsaak. Megan se voertuig, ‘n nuwe VW Polo Vivo wat sy onlangs aangeskaf het, het die pad verlaat na die botsing en het op sy dak beland.
Die polisie en ambulansdienste is ontbied, maar sy is kort na hulle aankoms oorlede.
Klagtes van Strafbare Manslag en Dronkbestuur word ondersoek deur die Malmesbury polisiediens.
Die bestuur van die bakkie het slegs geringe beserings opgedoen in die botsing en is intussen vrygelaat om mediese behandeling te ontvang.
Die 46 jarige man, ‘n inwoner van die Paarl en ook daar werksaam, is vrygelaat op waarskuwing en moet op 16 April in die Malmesbury Landdroshof verskyn.
Mike Barkhuizen van die Brooke International Privaatspeurmaatskappy het ‘n beroep gedoen vir ooggetuies van die voorval om vorendag te kom.
Meer spesifiek probeer hy ‘n langafstand huurmotorbestuurder identifiseer wat moontlik ‘n ooggetuie tot die botsing was.
Indien iemand weet wie die huurmotor bestuurder is – of dalk ‘n passasier in die huurmotor was – word gevra om vorendag te kom.
Enige inligting kan oorgedra word aan:
•Mike BARKHUIZEN by 083 6611 037
Brooke International]
of
•Kaptein Heydenrich by 082 302 0546
(Kommunikasiebeampte by die Malmesbury polisiekantoor)
of
•Meneer Wally Gloss by 072 669 2354
Megan se pa.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*