Radio Kaapse Kansel reik uit na kinderhuis

Radio Kaapse Kansel reik uit na kinderhuis

Radio Kaapse Kansel729AM/MW verkondig nie net die Blye Boodskap van die Bybel nie maar hulle luisteraars maak  ook ‘n tasbare verskil in die gemeenskap wat bedien word. 

Die opvanggebied strek vanaf Kaappunt tot by St Helenabaai, Vredenburg, Citrusdal, Ceres, Prins Albert, Worcester, Villiersdorp, Franschhoek, Paarl  en Somerset Wes.  Radio Kaapse Kansel  ontvang geen amptelike steun van enige kerk of die staat nie  en is afhanklik van adverteerders  en donasies. 

Luister op 729 AM of MW let wel nie FM nie asook op die web www.capepulpit.co.za . Laai die toep  af op jou selfoon “Capepulpit”   en word ons daaglikse reisgenoot.

‘n Onderhoud met Brenda Maarman en Deidre Cooper word op die program LEEF, met Wanda Bam,  Maandag 11 Januarie 2021,  tussen 09:00 en 11:00 uitgesaai op 729AM.

Radio Kaapse Kansel het al lewendig uitgesaai vanaf Huis van Heerde en het ook ‘n tydjie gelede ‘n 1000 brode  geskenk .

“Ons verbind ons tot projekte wat ons weet ‘n verskil maak en wat ons kan vetrou soos Huis van Heerde sĂȘ Kosie Burger die Stasiebestuurder.  Wil jy ‘n skenking maak?  Kontak Kosie by info@kaapsekansel.co.za  of stuur ‘n SMS  na 082 784 5779

Radio Kaapse Kansel weet dat die R10 000 donasie reg aangewend gaan word om die lewens van die 70  kinders tussen ouderdom 1 en 18 in Sorg van Huis van Heerde te verbeter.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*