Reëlings vir ekspo vorder fluks

Reëlings vir ekspo vorder fluks

Ná twee jaar se afwesigheid, is die beplanning vir die kykNET Buite Ekspo in volle swang! Alhoewel dit onder streng Covid-19-protokol moet plaasvind, is besoekers en organiseerders baie dankbaar dat daar vanjaar weer ‘n ekspo aangebied kan word.
Dit word oudergewoonte weer op die Môresonplaas net buite Malmesbury aangebied. Die ekspo word al sedert 2014 hier aangebied en vind plaas die naweek van 25 tot 27 Maart 2022.
Daar moes ‘n paar logistieke veranderinge aangebring word op die terrein om binne die Covid-19-protokol te val, maar die organiseerders het probeer om dit met so min as moontlik ongerief te doen. Die besoekers en uitstallers se gesondheid kom eerste en dit is dus ‘n prioriteit om alle maatreëls in plek te sit.
Die ekspo beloof om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is op die talle buitelewe-uitstallers wat van die nuutste produkte tans beskikbaar in die kampeer- en 4×4-mark uit te stal. Die geleentheid word in ‘n veilige plaasatmosfeer aangebied en alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik gebruik sou word deur die koper.
Daar word weer verskeie aktiwiteite aangebied as deel van die ekspo wat tans gefinaliseer word. Hierdie jaar is Action Ford Malmesbury weer aan boord met die Ford Raptor-ervaring, waar die publiek gratis saam met ervare bestuurders kan saamry en sien waartoe hierdie ongelooflike voertuig in staat is. Kom ervaar ook die gewilde helikopterritte en bekyk die Swartland vanuit die lug. Daar sal weer ‘n lekker braaikompetisie aangebied word saam met Jimmy’s Sauces en kykNET-akteurs en moenie vergeet van die Hankook-kunstenaars wat gaan optree nie, maar meer hieroor later.
Oudergewoonte sal daar nie teleurgestel word met die ‘vloeibare verversings’ nie en dit beloof om weer uit die boonste rakke te wees asook ‘n groot verskeidenheid beskikbaar.
Daar sal ook ‘n groot verskeidenheid kosverskaffers wees en wie kan nou nee sê vir lekker feeskos.
Vir die dames sal daar ‘n kuns- en snuffelmark wees waar daar ‘n groot verskeidenheid van hierdie kwaliteit produkte beskikbaar sal wees.
Ons het ook nie vergeet van die kinders nie en daar sal ‘n lekker groot pretpark wees en Lollos verras weer die Sondagoggend met een van hulle treffervertonings.
Daar sal verskeie interessante aktiwiteite ens nog aangekondig word, maar dis veilig om te sê dat daar iets vir almal sal wees om te doen, met die fokus natuurlik op die buitelewe uitstallings.
Kaartjies sal binnekort beskikbaar wees by Computicket en ook by die hekke gedurende die ekspo. Besoek gerus ons webwerf by www.ekspo.co.za en alle uitstallers navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*