Reën, damvlakke en die weer

Reën, damvlakke en die weer

Die inhoud van die watervoorsieningsnetwerk van die Wes-Kaap, sal na hierdie week na verwagting styg, met twee kouefronte wat die provinsie hierdie week tref.
Teen Maandagmiddag was die voorsieningsnetwerk 74.4% vol, 0.60% laer as die vorige week met 737 miljoen liter water wat daagliks gebruik word.
Die Bergrivierdam het Maandag die 86.5%-kerf behaal. Dit het onveranderd gebly. In 2017, die jaar wat die Wes-Kaap gebuk gegaan het onder swaar waterbeperkings weens die droogte, was hierdie dam 34.6% vol.
Die Laer-Steenbrasdam was Maandag 58.2% vol, in vergelyking met verlede week se 60.3%. In 2017 was die dam 28.8% vol.
Die Theewaterskloofdam, die grootste dam in die netwerk, was Maandag 79.8% vol. Die damvlak het met 0.7% gedaal vanaf die vorige week. In 2017 was die dam 17.6% vol.
Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandag 60.6% vol. Verlede week was die dam 61% vol en in 2017 was die dam 18% vol.
In die opvangsgebied van die Voëlvliedam, is daar gedurende Junie vanjaar 0.5mm neerslag gemeet. Die totale gemiddeld vir die hele maand oor ‘n lang tydperk, is 115.6mm.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*