Rekordprys vir wol behaal

Rekordprys vir wol behaal

Die tweede Sybokhaarveiling van die 2021 Winter seisoen het op die 7de September 2021 plaasgevind in Port-Elizabeth. Van die bokhaar aangebied op die veiling was 76% RMS-gesertifiseerd en dit het gesorg vir goeie kompetisie tussen die kopershuise.
Kleinbokkiehaar styg met 3.8% met ‘n markaanwyser van R718.35/kg en 100% is verkoop. Jongbokhaar het met 1.7% gestyg met ‘n markaanwyser van R490.03/kg en 100% is verkoop.
Fyn grootbokhaar styg met 9.3% met ‘n markaanwyser van R404.10/kg en 100% is verkoop.
Sterk grootbokhaar het met 10.8% gestyg met ‘n markaanwyser van R333.45/kg en 98% het verkoop. Die gemiddelde markaanwyser het met 3.5% gestyg en gesluit op R418.66/kg.
Daar is 97.3% bokhaar verkoop. OVK se markaanwyser het gesluit op R425.83/kg en was hoër as die Nasionale Markaanwyser.
Hoogste volledige skeersel gemiddeld was R651.41/kg vir DH Schoeman van Oudtshoorn.
OVK bin het weereens goed verkoop met die hoogste bin prys van R820/kg vir die dag op die veiling.
Rekord prys vir Winterkleinbokkiehaar is behaal deur DH Schoeman van Oudtshoorn vir ‘n baal van 25.2 mikron met ‘n skoonopbrengs van 91.5%.
Die baal is verkoop teen ‘n rekord prys van R970/kg en New England Wool SA was die koper.

MARKVOORUITSIGTE
Die vooruitsig vir die volgende veiling is dat pryse op die huidige vlakke sal verhandel.
Die derde veiling van 2021 Winter seisoen sal op die 28ste September plaasvind te Port-Elizabeth.
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.
Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting.
Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK.
Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*