Resep: Kerrievis vir die Paasfees

Resep: Kerrievis vir die Paasfees

Elsa Fourie

Bestanddele
3 kg geelvis mootjies
750ml asyn
400g suiker
4uie gekap
25ml borrie
12,5ml kerrie poeier
10ml sout
6 pepperkorrels
4 kruienaeltjies
4 lourierblare
75ml mielieblom

Metode
Droog vismootjies af met kombuis papier en geur met sout en pepper.
Rol in koekmeel.
Braai in vlak olie.
Matig warm olie tot gaar, sowat 4 min aan elke kant.
Hou bietjie asyn eenkant om mielieblom mee aan te maak.
Gooi die res van die bestandele.
Behalwe die mielieblom in n kastrol. Verhit tot kookpunt en kook vir n kwartier met die deksel op.
Maak mielieblom met bietjie asyn aan tot gladde mengsel en roer by kerriesous. Kook n paar min tot dik en gaar.
Pak die mootjies in lae.
Gooi sous oor elke laag.
Bron: https://bottelenbere.weebly.com/kerrievis.html

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*