Rinkwest-familie groet twee lede

Rinkwest-familie groet twee lede

Een van die oudste Malmesbury-families is swaar getref toe die Rinkwest-egpaar wat in Langstraat gewoon het, enkele ure na mekaar gesterf het. Albei het teen Covid-19 gestry.
Ray Rinkwest (56) het Sondagaand in Tygerberg-hospitaal gesterf, terwyl haar man Cheslin (63) Maandagmiddag in die Paarl-hospitaal oorlede is. Hulle laat drie jong volwasse kinders agter.
Cheslin se werkgewer van die laaste 14 jaar, Jaco Cotter, sê oor hom: “Getrou, lojaal, eerlik, vriendelik met ‘n hart van goud. Ches het nooit gekla nie. Hy was n vriend. Ons paadjies het in 2007 gekruis toe hy as buurman vir ons die winkel kom hanteer het. Ek weet nie hoe ons die gat wat hy agterlaat, gaan toekry nie. Ons harte is baie seer vandag!”
Die egpaar se kinders onthou hul ma se liefde vir gedigte skryf, hul pa se vreugde wanneer hy met sy ghitaar begin musiek maak. Sy bure onthou die man wat altyd glimlag en volgens facebook-inskrywings onthou kliënte by Cheslin se werk hom as vriendelik, altyd behulpsaam en ‘n ware ensiklopedie as dit kom by elektriese onderdele.
Cheslin was die derde kind van Arnold en Elizabeth Rinkwest. Sy ouer broer wat steeds in Abbotsdale woon, is die oudhedekenner Trevor Rinkwest. – Sarie Nell

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*