Robert in SA-visskiet

Robert in SA-visskiet

Robert Moreland, gesoute restauranteur en bo-baas-duiker, verteenwoordig eersdaags in Junie die Wes-Kaap in die SA Visskiet-kampioenskappe.
Robert, wie se restaurant op Malmesbury, Beef and Barrel, getuig van al sy visskiet-geleenthede, is ‘n ou hand as dit by hierdie sportsoort kom.
Robert is in die Westelike Provinise se A-span opgeneem saam met Derrick Dunning en JC le Roux.
Volgens Robert is dit ‘n groot eer en voorreg om aan hierdie kompetisie deel te neem.
Hy het reeds in 2019 hiervoor gekwalifiseer, maar weens die inperkings, kon die kompetisie nie plaasvind nie.
Nou is die lang gewag verby en kan Robert sy droom en passie, naas die restaurant, uitleef.
Die kostes verbonde aan die kompetisie beloop R12 000.
“Ons moet ons eie fondse bekom sodat kandidate, soos ek, kan deelneem. Dit is ‘n groot voorreg om gekies te word en ek ag myself baie geseënd om hierdie jaar te kan deelneem,” sê Robert.
Indien enige iemand bereidwillig en in staat is om enige bydrae te lewer tot die fonds, “sal dit hartlik waardeer word”.
Die bankbesonderhede is soos volg:
Nedbank
RW Moreland
Rek nr. 128 504 1488
Current Account
Verwysing: Donasie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*