Rol-rol in saketoernooi

Rol-rol in saketoernooi

Die Malmesbury Rolbalklub se seisoen het die afgelope naweek afgeskop. Alle belangstellendes wat dit oorweeg om die sport te beoefen is steeds welkom om aan te sluit.
Die klub beskik oor genoeg balle van verskillende groottes wat beskikbaar is vir gaste en nuwe lede.
Die klub het tans 23 lede, en is vol vertroue dat die ledetal sal uitbrei.
Belangstellendes kan die volgende lede kontak: Roux Vermeulen 0834789616, Daniƫl Griebenauw 0723989041, Jeff Petersen 0728074545 of June Rickett 0606939226.
Die immer gewilde Sakemanne-toernooi begin op 2 November, met spel wat oor 7 dae sal plaasvind, met die finaal Woensdag 17 November vir elke aand se twee top-spanne.
Kennisgewings sal binnekort uitgestuur word, en inskrywingsgeld beloop R320 per span van vier spelers. Op Vrydag 26 November en 3 Desember is enigiemand welkom vir sosiale bring-en-rol saam @ R30 per persoon met jou vriende van 18:00-20:00.
Kole sal beskikbaar wees vir braai en ‘n kontantkroeg is beskikbaar.
“Dit sal ‘n goeie geleentheid bied om wraak te neem teen die spelers wat jou afgestof het tydens die Sakemanne-toernooi.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*