Rolbal: CK bly in tweede liga

Rolbal: CK bly in tweede liga

Malmesbury se duime is kwaai vasgehou vir uitslae wat in hulle guns kon wees, tydens die finale rondte van die WP Vlag-liga, met hulle wat ‘n loslootjie gehad het, maar helaas, al die uitslae was tot hulle nadeel, en sak terug van die tweede tot die vyfde posisie. 2,5 punte hou hulle uit die 2de plek, en 1,5 uit die 3de plek.
Nogtans is die keurders tevrede met hoe die span gevaar het, in ag genome die baie onervarendheid tussen die spelers.
Die WP Trips-liga het die afgelope Saterdag hulle program voltooi, en verloor met 32-45, en dus 2-10 weg teen Milnerton. Milnerton het die afdeling gewen danksy die oorwinning, met ‘n span van Parow wat terug gesak het na die tweede posisie. Die span van Paul Rossouw, Jehan van Niekerk en Rainier van Zyl was deurgaans sterk in die wedloop, maar verloor die eerste 2 stelle 3-4 en 7-8 onderskeidelik. Die finale stel wen hulle 5-4, maar verloor die wedstryd naelskraaps 15-16.
Die span van Altus Myburgh, Brian Howell en Cobus Vermeulen trek baie swaar, en verloor die eerste twee stelle 4-7 en 6-16, maar as troosprys wen hulle darem die laaste stel 7-6. Hulle verloor dus hulle wedstryd 17-29
In hierdie liga het die keurders aan al die lede die geleentheid gebied om die klub te verteenwoordig, en op hierdie wyse goeie ondervinding opgedoen.
Die klub se enkelspel kampioenskappe is tans aan die gang, met veral die mans ope waar goeie rolbal gespeel word. Die afsnydatum vir die ope is 5 April, met die kwarteindrondtes die 7de. Die ope en novice halfeindstryde is die 9de, met hulle en die dames eindstryde direk daarna ook op die 9de.
Ondersteun gerus die klub en belangstellendes is welkom om Dinsdae en Donderdae vanaf 17:45 saam te kom rol en te kyk of die gogga jou nie dalk wil byt nie.
Dr Roux Vermeulen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*