Sakekamer vergader weer

Sakekamer vergader weer

Malmesbury Sakekamer hou ‘n ledebyeenkoms op 21 Oktober in die Freek Standersaal (Oloksaal) om 18:00.
Alle lede en belangstellendes word aangemoedig om hierdie geleentheid by te woon, veral omdat die pandemie keer dat ons elke maand sulke byeenkomste kan aanbied.


Tydens hierdie vergadering sal Sakekamerlede kortliks terugvoer gee oor die aktiwiteite van die laaste paar maande.
Die Ondersteun Plaaslik-borde wat by die dorp se ingange geplant gaan word, word ook bekendstel.
Die groot vraag op almal se lippe is wie die wenners van die Sakekamer se skoolkompetisie is. Hierdie aankondiging en die oorhandiging van pryse aan die wenners en die betrokke skoolhoofde sal die aand se verrigtinge afsluit.
Dus: Dagboek solank die datum; en bespreek solank u plek vir daardie geleentheid by info@sakekamer.co.za, aangesien covid-protokol en -getalle steeds geld.

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*