Sakekamer wys beste diensverskaffers aan

Sakekamer wys beste diensverskaffers aan

Die Malmesbury Sakekamer het Saterdagaand die wenners in die jaarlikse Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie bekend gemaak.
In die afdeling vir groot besighede het Malmesbury Superspar met die louere weggestap.
Hulle is gevolg deur Postnet in die tweede plek en Swartland Wynkelder in die derde plek.
Die ander finaliste in die afdeling was AR24 en RSA Makelaars.
In die afdeling vir medium besighede het Geard Apteek as die wenner uit die stryd getree.
Gevolg deur Jo Dolphin Swartland APD en Swartland Apteek in die derde plek. Henks Vleismark en Ocean Food Processors was die ander finaliste in hierdie afdeling.
Bergzicht Dierehospitaal het die afdeling vir klein besighede gewen. Beyond Beauty was in die tweede plek, met Malmesbury Dierehospitaal derde. Ander finaliste hier was Nuweplaas Padstal en Cherry Lane.
In die afdeling vir uitstaande diens gelewer deur individue, het Dr Sanel Lourens van Bergzicht Dierehospitaal vir die tweede agtereenvolgende jaar hierdie toekenning ontvang. In die tweede plek was Manny de Fontes asook Ters Marais, altwee van Malmesbury Veiligheid. Sr Hannie Steyn het die derde plek behaal, met Ilza le Minnie en Abduraghmaan Allie as ander finaliste.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*