Sakelui ding weer mee op setperk

Sakelui ding weer mee op setperk

Kom geniet ‘n aand se ontspanning saam met vriende, familie, kollegas en sakekenisse, en uitoorlê mekaar in “oumens albaster” . En as die gogga jou byt, sluit aan en maak rolbal jou sport vir die toekoms!
Die wat reeds in die verlede deelgeneem het kan nie uitgepraat raak nie.
Die wat nog nie deelgeneem het nie, wil nie hierdie keer uitgelaat word nie!
Sien julle daar op een van die aande van jou keuse.
Vlak 1 Covid-19 regulasies sal geld:
Register word gehou van almal teenwoordig, saniteer gereeld (bring eie saniteerder saam), 48 spelers op perk toegelaat (12 spanne per aand), maskers af tydens spel, maskers op in die klubhuis en op die terrein, handhaaf sosiale distansiëring.
Kontak Roux Vermeulen by 0224821228 of 0834789616 met navrae.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*