SAPD benodig hulp van ondersteuners

SAPD benodig hulp van ondersteuners

Die Malmesbury-polisiekantoor is op soek na vrywilligers wat opgelei wil word as slagoffer-ondersteuners.
Die doel van slagoffer-ondersteuners is om enige persoon wat blootgestel is aan trauma te ondersteun en van hulp te wees.
Diegene wat hierin belangstel, moet ouer as 18 jaar wees, geestelik en fisies stabiel en bereid wees om hulle vingerafdrukke te laat neem om ‘n kriminele rekord na te speur.
• Enige belangstellendes kan sersant Henry du Randt skakel by 022 482 7500 gedurende kantoorure.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*