Sekuriteit by swembaddens

Sekuriteit by swembaddens

Swartland Munisipaliteit het sekuriteitswagte met honde aangestel by die openbare swembaddens in Moorreesburg en Darling. Sekuriteitswagte met honde word reeds etlike jare by die Malmesbury Swembad ontplooi as deel van ons veiligheidsmaatreƫls.
Die besluit om addisionele veiligheid in Moorreesburg en Darling te ontplooi is geneem om die toenemende vandalisme en wetteloosheid by ons swembaddens aan te spreek.
“Ons geriewe moet ‘n veilige plek vir almal wees wat dit wil gebruik.”
Die sekuriteitsfirma is verantwoordelik vir die bestuur en beheer van hul honde.
“U word versoek om nie die honde te probeer vryf of aan hulle aandag te gee nie. Ons vra ook dat besoekers aan ons fasiliteite, waar honde gebruik word, nie die honde terg of uitlok nie. Ons wil niemand bevrees maak vir honde nie maar, u word daaraan herinner dat sekuriteitshonde werkende honde is en nie troeteldiere nie.”
Vandalisme kan aangemeld word by 022 487 9400.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*