Skink Swartland: Weskus hier kom ons!

Skink Swartland: Weskus hier kom ons!

Proe van die beste wyne uit die Swartland-streek en geniet watertandlekker seekos op die oewer van die Bergrivier by die Laaiplek Hotel op Velddrif op Saterdag, 7 Mei 2022 vanaf 11:00 tot 17:00.
Dink snoek en patat, seekos-paella en vars harders gebraai oor die kole saam met die Swartland se uithaler wyne, teen die agtergrond van vissersbote en lewendige musiek. Daar sal ook iets te ete wees vir die vleisliefhebbers.
Deelnemende kelders sluit Org de Rac, Schenkfontein, Pulpit Rock, Swartland Wynkelder, Riebeek Valley Wine Co, Kloovenburg, City on a Hill, Intellego, AA Badenhorst Family Wines, The Sadie Family Wines, Lammershoek, Wightman & Sons, David & Nadia, Hofstraat Kelder en Leeuwenkuil Family Vineyards in. 
Ingesluit in jou kaartjie:
• ‘n Wynglas
• 3 etekaartjies wat ingehandig moet word by die kosstalletjies om jou tapas porsie-etes op te eis (2 x seekos en 1x vleisdis)
• Wyne te proe aangebied deur wynprodusente uit die Swartland-streek
• Lewendige musiek deur plaaslike musikant Louis van Lill
• Die Swartland-wyndistrik is een van die grootste wynstreke in Suid-Afrika en strek tot teen die Kaapse weskus en het die afgelope paar jaar internasionale bekendheid verwerf met die uitstekende wyne afkomstig vanuit die streek.
Bring jou vriende en kom kuier saam.
Slegs ‘n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar vir hierdie geleentheid.
Kaartjies kan aanlyn deur Quicket aangekoop word. Ons sien uit na ‘n wonderlike dag teen die pragtige Weskus.
Hoop om jul daar te sien.

WEN: ‘n Gelukkige wenner kan 2 kaartjies ter waarde van R350 elk vir die geleentheid losslaan. Stuur ‘n WhatsApp-boodskap teen 29 April 2022 aan 061 555 0344
met jou naam, van en telefoonnommer om in aanmerking te kom vir die trekking.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*