Skougronde se toekoms steeds onseker

Skougronde se toekoms steeds onseker

Thys Basson is verlede week tydens Agri Malmesbury se algemene jaarvergadering tot nog ‘n termyn as voorsitter verkies.
Dit is by hierdie vergadering dat die toekoms van die Malmesbury-skougronde bespreek is, na ‘n nuwe aanbod vir dié geskiedkundige stuk grond ontvang is.
Die individu wat belangstelling in die grond getoon het, het onlangs die gebied besoek, om self ondersoek in te stel.
Truter de Kock het gemeld dat die moontlikheid dat die skougronde nog vyf jaar op dieselfde plek sal wees, skraal is, aangesien die skoukomitee en ook die munisipaliteit teenkanting van huiseienaars van die aangrensende buurte ontvang hieroor.
Die toekoms van die skougronde is steeds onseker en ‘n spesiale komitee sal aangestel word om die verskillende moontlikhede en opsies te ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*